AVBOB | Lewensleer
1. Registreer die dood Die begrafnisondernemer sal die afsterwe by die Departement Binnelandse Sake aanmeld. Die volgende dokumentasie word benodig: - ID-dokument van oorledene - ID-dokument van aansoeker/informant - DHA1663-vorm, geteken deur mediese praktisyn, aansoeker/informant en begrafnisondememer, asook vingerafdrukke van die oorledene en informant 2. Boedelbereddering Stel ‘n Lewenslêer saam. Hou dit gereeld by en maak seker dat dit uit al die dokumente bestaan wat hierin bespreek is. Hierdie lêer moet dan aan u eksekuteur oorhandig word ná u afsterwe, vir die spoedige afhandeling van u boedel. Hulle moet onthou om die doodsertifikaat en faktuur van die begrafnisondememer by te voeg. # Gebruik die kontrolelys – Sien Bylaag 7. Die eksekuteur van u boedel sal alle tersaaklike dokumente aan die Meester van die Hooggeregshof voorlê. Nadat ’n eksekuteursbrief ontvang is, word alle relevante instellings van u afsterwe in kennis gestel. Daarby sal die eksekuteur advertensies in die plaaslike koerant, asook in die Staatskoerant, plaas om u krediteure van u afsterwe te verwittig. Die eksekuteur behoort binne ses maande ’n likwidasie- en distribusierekening aan die Hooggeregshof terug te stuur vir goedkeuring om finalisering van die boedel te verkry, op voorwaarde dat kennisgewings geplaas is ten opsigte van enige besware teen die likwidasie- en distribusierekeninge. Hierdie proses kan maande, indien nie jare nie, duur indien daar uitstaande dokumentasie is. In die geval van ‘n klein boedel (maksimum van R125 000) kan die eksekuteur die boedel aan die Kantoor van die Meester rapporteer. Moontlike probleme tydens die bereddering van u boedel sluit in: - Geen testament nie - Geen eksekuteur is aangewys nie - Aangewese eksekuteur is nie ’n wettige eksekuteur van boedels nie of word nie deur die Meester van die Hooggeregshof erken nie - Onvolledige dokumentasie Sosiale media: Stuur ook ’n afskrif van die doodsertifikaat aan bv Facebook en versoek dat die oorledene se Facebook-profiel in ‘n “Memorial Page” of herinneringsblad omskep word. 3. Wyses waarop u uself en ander deur die proses van droefheid en verlies kan help Dis menslik om gevoelens van skok, droefheid, woede, verlies aan sekuriteit, ontkenning, depressie en vele ander emosies te ervaar wanneer ’n persoon na aan ons sterf of wanneer ’n huwelik/verhouding eindig. Om oorweldig te voel tydens dié verlies is ’n algemene emosie. Dit bly maar moeilik om jou eie pyn te verlig of om die korrekte woorde te vind om iemand te vertroos. Hoe om deur u eie droefheid te werk ná die verlies van ’n geliefde en om ander by te staan: # Sien Bylaag 6 - Rouproses. C. NA AFLOOP VAN DIE BEGRAFNIS
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTA0MzI=