AVBOB | Lewensleer

VOORWOORD Hierdie Lewenslêer is saamgestel om u met die identifisering, organisering en versameling van dokumente te help, wat u in staat sal stel om u eie Lewenslêer saam te stel wat by u of u gade se afsterwe noodsaaklik sal wees. Dit is ’n “lewende” lêer wat deurlopend op datum gehou moet word. Terwyl dit binne u vermoë is om die dokumente te versamel, maak u ‘n bydrae vir die dag wanneer u of u gade sterf en die eksekuteur die boedel moet registreer en beredder. Ons vertrou dat die deurlopende opdatering en bywerking van die Lewenslêer vir u soos ‘n lewensreis sal wees, waarvan u besig is om die laaste hoofstuk te skryf. Dit is ons oorwoë mening dat, wanneer u naasbestaandes en die eksekuteur die inligting in die Lewenslêer benodig, hulle met groot dank en waardering aan u sal terugdink.

RkJQdWJsaXNoZXIy MTA0MzI=