AVBOB | Lewensleer

Om sake vir diegene wat met u afsterwe agtergelaat word te vergemaklik, moet u sorg dat die volgende dokumente in orde is, met bewysstukke waar van toepassing: 1. Persoonlike besonderhede Dit is belangrik om beide u en u gade se inligting in ’n lêer te bewaar. Plaas dit onderskeidelik in verskillende afdelings:  Afskrif van u ID-dokument  Afskrif van u gade/gades se ID-dokument  Van en volle name  Straatadres  Posadres  Telefoonnommer en/of selnommer  Mediese inligting - Onthou die voltooiing van ’n voortsettingsdokument vir u mediese skema  Naasbestaandes: kontakbesonderhede BYLAAG 1 2. Testament 2.1 Testament ’n Testament is ’n wetlik bindende dokument waarin u u wense bekend maak ten opsigte van wie voordeel uit u boedel moet trek. Die dokument voorkom onnodige regskostes en onsekerheid vir u afhanklikes en familielede. Hierdie dokument bevat onder andere u wense ten opsigte van u roerende bates (eiendom, juwele, kunswerke en ander artikels), kontant en versekeringspolisse. Indien u sonder ’n testament sterf (met ander woorde intestaat), sal die afhandeling van u finansiële sake vertraag word, wat u naasbestaandes in ’n finansiële krisis kan dompel. Kontak ’n geskikte professionele persoon wat u met die opstel van u testament kan bystaan en betrek u naasbestaandes met die saamstel daarvan. U testament kan, na gelang van moontlike veranderde omstandighede, aangepas word. U testament moet uitvoerbaar wees.  Getekende testament Maak seker dat elke bladsy geteken is. Twee getuies moet teenwoordig wees: Hulle moet bo die ouderdom van 16 jaar wees, nie begunstigdes van u testament wees nie en ook die eksekuteurs nie. Dié persone moet in u teenwoordigheid teken.  Plek (waar gehou) Alle dokumente, insluitende u testament, moet in ’n veilige en maklik bereikbare plek gehou word wat aan u naasbestaandes bekend is.  Addisionele inligtlng - Indien van toepassing, kan u voogde vir u minderjarige kinders en aangenome kinders aanstel. - Indien u of u gade te sterwe kom, word aanbeveel dat die oorlewende so gou as moontlik sy/haar eie testament opstel. - lnkorporeer erfbelasting, boedelbelasting en eksekuteursfooie – u boedel kan daaraan onderworpe wees. - Dit is egter belangrik om moontlike wyses om belasting te verlig te ondersoek.  Eksekuteur Stel betroubare eksekuteurs en trustees, wat aan u naasbestaandes bekend is, aan om u boedel te beredder. Hierdie persone kan ook begunstigdes wees. Hul name en kontaknommers moet beskikbaar wees. Dit is raadsaam om van banke en versekeringsmaatskappye se trustafdelings, ouditeure of prokureurs gebruik te maak. A. LEWE

RkJQdWJsaXNoZXIy MTA0MzI=