AVBOB | Lewensleer

2.2 Lewende testament Die opstel van ’n lewende testament bied u die geleentheid om ook u wense te weerspieël ten opsigte van orgaanskenking en toestemming om masjiene wat u aan die lewe hou af te skakel indien u nie meer by magte is om self te kommunikeer nie. Dit is ’n informele dokument waarin u wense bekend gemaak word en word nie in ’n hof aanvaar nie. Die dokument kan soveel inligling bevat as wat u verkies. Onthou om u gade, kinders en dokter vooraf van u wense in kennis te stel, soos wat in u lewende testament aangedui is.  NB: Begrafniswense Die inligting soos weergegee in hierdie dokument sal vir die begrafnisondernemer van nut wees om u laaste wense ten opsigte van u begrafnisdiens uit te voer. Onthou om die dokument van tyd tot tyd te hersien en laat gerus diskresie toe sodat u familie van die besluite namens u kan neem – hulle sal betrokke wil wees in die beplanningsproses wanneer die tyd aanbreek om afskeid te neem.  Orgaanskenking Dit kan moontlik u wens wees om u medemens te help deur u organe ná u dood te skenk. Maak seker dat u familie en algemene praktisyn van u wens bewus is om u sodoende met die proses te kan bystaan. (Stel die mediese span in kennis, verleen goedkeuring.) Nader SA Medic Alert, Posbus 4841, Kaapstad 8000 waar u na afloop van registrasie ’n orgaanskenkerkaart ontvang wat die mediese span van u wens sal verwittig. U kan ook die Orgaanskenkingstigting direk kontak. BYLAAG 2 3. Noodsaaklike dokumente 3.1 Begrafnispolis - Is u huidige polis voldoende om begrafniskostes te dek? - lndien u nie ’n begrafnispolis het nie, het u voorsiening gemaak vir die kostes daaraan verbonde? Is hierdie fondse beskikbaar vir u naasbestaandes? - Het u al ’n besluit geneem of u begrawe of veras wil word? Is hierdie besluit aan u naasbestaandes bekend? - Sou u verkies dat daar blomme op u begrafnis moet wees of moet donasies eerder aan ’n spesifieke instansie gemaak word? # Sien Bylaag 3 - My laaste wense. 3.2 Ander  Finansiële adviseur Sluit sy/haar naam en kontakbesonderhede in.  Polisse Dit is belangrik om die oorspronklike kontrakte in die lêer te hou as bewys van eienaarskap; ook by watter maatskappy die polisse gehou word.  Uittredingsannuïteite Die oorspronklike kontrak(te) moet op lêer wees, asook die jongste staat of korrespondensie van die maatskappy waar die annuïteit(e) gehou word.  Afskrif van u salarisadvies (indien nie afgetree nie) lndien u nog nie afgetree het nie, moet ’n afskrif van die jongste salarisadvies op lêer wees. lndien u reeds afgetree het, is dit nie van toepassing nie.  Korttermynversekeringskontrak Dit is belangrik om seker te maak dat u korttermyversekeringsdekking wel op datum en voldoende is om huidige omstandighede te bevredig.

RkJQdWJsaXNoZXIy MTA0MzI=