AVBOB | Lewensleer

 Titelakte Dié afdeling is vir seker een die heel belangrikste wanneer ons na finansies en finansiële beplanning verwys. Hou die titelakte van al die eiendomme wat op u naam geregistreer is, of waarvan u mede-eienaar is, by u dokumente.  Huurkontrak Dit is uiters belangrik om huurkontrakte op lêer te hê. Indien daar enige mondelinge ooreenkomste is wat nog nie afgehandel is nie, moet dit dringend aangevra word.  Uitstaande lenings/skuld Die oorspronklike kontrakte moet op Iêer wees, asook die jongste korrespondensie van die maatskappy waar u die lening het.  Afskrifte van jongste bankstate Dit is op al u onderstaande rekeninge van toepassing.  Ander Selfoonkontrak Aandelesertifikate BYLAAG 4 4.1 Volledige bankbesonderhede van tjek-, spaar-, transmissie- en depositorekeninge en kredietkaart - Bankboeke - Tjekboeke - Kredietkaarte - Kwitansies - en ander kaarte 4.2 Volledige besonderhede van laste, asook state en bewys daarvan; ook van van toepassing op lenings aan ander persone Hou afskrifte van die ooreenkomste of kontrakte in die lêer, tesame met die jongste state of korrespondensie. 4.3 Belastingaanspreeklikheid - lnkomstebelastingverwysingsnommer: laaste aanslag, asook naam van belastingkantoor. Bewaar ‘n afskrif van die jongste aanslag van die Ontvanger van lnkomste. Op die dokument sal die inkomstebelastingverwysingsnommer, asook die belastingkantoor, aangedui word. - BTW-verwysingsnommer (indien van toepassing). lndien u ‘n maatskappy het wat vir BTW geregistreer is, moet ‘n afskrif van die jongste opgawe in die lêer bewaar word. 4.4 lnligting met betrekking tot kapitale bates wat gedurende die laaste twee jaar verkoop/vervreem is Hierdie inligting moet die naam van die koper, asook alle kontakbesonderhede, bevat (kontaknommers, fisieke adres, posadres, ens). Die bate moet duidelik beskryf word en die verkoopprys moet ook op die dokument aangedui word. jongste aanslag van die Ontvanger van lnkomste. Op die doku ent s l asook di belastingkantoor, aangedui word.

RkJQdWJsaXNoZXIy MTA0MzI=