AVBOB | Lewensleer
4.5 Sakedokumente Verbandregistrasiedokumente Die jongste staat van die rekening en/of jongste korrespondensie moet gehou word. Sakekontrakte Hier word verwys na oprigtingsdokumente van onderneming(s), asook enige uitstaande sakekontrakte wat nog afgehandel moet word. Handelslisensies Indien u enige handelslisensies op u naam het, moet afskrifte hiervan in die lêer gehou word. Besonderhede van enige borgverpligtinge Sou daar enige borgverpligtinge wees, moet die oorspronklike kontrakte (of afskrifte) op lêer wees. Dit is belangrik dat beide partye se kontakbesonderhede daarop verskyn en dat die borgvoorwaardes duidelik uiteengesit is. Besonderhede van maatskappye, vennootskappe, trusts, beslote korporasies of eenmansake Hierdie afdeling verwys na alle ander ondernemings waarby u enige belang het. ’n Afskrif van die oprigtingsdokument en ooreenkoms wat u belang aandui moet in die lêer wees. 4.6 Dokumente rakende die huwellk Huweliksertifikaat Hou ± 5 gesertifiseerde afskrifte, asook die oorspronklike. Huweliksvoorwaardekontrak Hou ± 2 afskrifte, asook die oorspronklike. Boedelbesonderhede van elke vorige gade/gades (geskei/oorlede) Egskeidingsbevel en skikkingsbevel Hou ± 2 afskrifte, asook die oorspronklike. Erfgename Hou 2 gesertifiseerde afskrifte van elke erfgenaam se ID-dokument of geboortesertifikaat. Hou 2 gesertifiseerde afskrifte van elke erfgenaam se huweliksertifikaat. Tel nr/Sel nr, posadres, e-posadres en faks nr van elke erfgenaam. 4.7 Motorvoertuig/Motorvoertuie Registrasiedokument Alle voertuie moet by die Verkeersdepartement geherregistreer word. Doen navraag by u versekeraar oor die bepalings van die gebruik van naasbestaandes as bestuurders. Stel u naasbestaandes dienooreenkomstig in kennis. Maak ’n nota ten opsigte van waar die voertuie en hul sleutels gehou word. Lisensiedokument 4.8 Lisensies Vuurwapenlisensie Maak seker dat alle vuurwapens gelisensieer is en dat die lisensie(s) beskikbaar is (plaas ’n afskrif in lêer). Maak ’n nota in watter kluis die vuurwapens gestoor word en waar die sleutels gehou word. TV-lisensie Hou die jongste lisensie.
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTA0MzI=