AVBOB | Lewensleer
Nadat ‘n geliefde gesterf het, kan ‘n verwarrende tyd vir agtergeblewenes aanbreek; ‘n tyd waarin ‘n mens nie werklik weet wat om eerste te doen nie. Die eerste stappe wat gevolg moet word hang af van die omstandighede waarin, of plek waar, die persoon oorlede is, naamlik in die hospitaal, tuis, in ’n openbare plek of oorsee. 1. Stappe om te volg ná ’n persoon se afsterwe: 1.1 Tipe sterfte 1.1.1 Natuurlike oorsake a. Skakel die oorledene se huisdokter (indien kantoorure). b. Skakel die oorledene se begrafnisondernemer. c. Skakel die oorledene se predikant. d. Kry die volgende inligting gereed: ID-dokument/lD-nommer van oorledene (indien beskikbaar) ID-dokument van persoon wat die begrafnis reel Besonderhede van geneesheer wat oorledene laaste behandel het Neem ’n besluit: begrafnis/verassing Datum en tyd van begrafnis/gedenkdiens Naam van begraafplaas Besonderhede van predikant (naam en tel nr) Naam en adres van kerk/kapel Lys van liedere wat gesing gaan word (gewoonlik twee liedere) Lys van persone wat as draers gaan optree (gewoonlik ses draers) Spesiale versoeke, bv besigtiging, fotos, CDs, DVDs, blomme, klere, ens. 1.1.2 Onnatuurlike oorsake a. Skakel die polisie, kry die naam van die ondersoekbeampte en kontaknommers. b. Maak kontak met ‘n begrafnisondernemer. c. ’n Uitkenning moet by die forensiese patologieafdeling van die Departement Gesondheid plaasvind. d. ’n Geregtelike/nadoodse ondersoek (post mortem) word deur ‘n patoloog gedoen. e. Kry ’n volledige post mortem-verslag. f. Kry die volgende inligting gereed: ID-dokument/lD-nommer van oorledene (indien beskikbaar) ID-dokument van persoon wat die begrafnis reel Besonderhede van geneesheer wat oorledene laaste behandel het Neem ’n besluit: begrafnis/verassing Datum en tyd van begrafnis/gedenkdiens Naam van begraafplaas Besonderhede van predikant (naam en tel nr) Naam en adres van kerk/kapel Lys van liedere wat gesing gaan word (gewoonlik twee liedere) Lys van persone wat as draers gaan optree (gewoonlik ses draers) Spesiale versoeke, bv besigtiging, fotos, CDs, DVDs, blomme, klere, ens B. STERFTE
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy MTA0MzI=