AVBOB | Lewensleer

 “Kyk waarvoor jy dankbaar kan wees!” Bedroefde mense weet dat hulle dinge het om voor dankbaar te wees, maar op daardie oomblik is dit nie van belang nie.  “Ek weet hoe jy voel!” Jy kan nooit weet presies wat/hoe die ander persoon voel nie. Vra eerder die bedroefde persoon hoe hy/sy voel.  “Ruk jouself reg en wees sterk!”  “Tel jou seëninge!”  “Jy kan altyd probeer om weer swanger te raak!”  “Sy/hy was gelukkig om so lank te lewe!”  Wees versigtig om advies te gee. Mense mag dalk nie wil doen wat jy hulle adviseer om te doen nie, maar eerder verkies om dinge vir hulself uit te werk. Werk eerder saam met iemand. Hoe om deur jou eie verlies te werk ná die dood van ’n geliefde:  Daar is nie ’n regte of verkeerde manier om te treur nie. Elkeen treur verskillend.  Gee jouself toestemming om al die verskillende emosies ná die dood van ’n geliefde te ervaar. Volgens Botes (2011) kan die uitspreek van jou diepste gevoelens heling meebring. Jy kan ook die emosies wat jy ervaar, neerskryf.  Vertel jou verhaal en deel jou gevoelens met iemand wat jy vertrou. Deur jou verhaal te herhaal, verwerk en aanvaar jy jou verlies. Elke keer wat jy die storie herhaal, word die pyn minder.  Aanvaar die realiteit van jou verlies en die implikasies daarvan. Probeer om aan te pas in die wêreld sonder die persoon. Onderhandel nuwe rolle en verantwoordelikhede vir jouself en andere.  Jy moet jou afgestorwe geliefde emosioneel hervestig. Erken die waarde en rol van die geliefde. Jy sal altyd die verlies voel, maar jou herinneringe is ’n positiewe ondervinding.  Aanvaar praktiese hulp van ander mense.  Moenie belangrike besluite oor jou lewe neem as jy emosionele spanning beleef nie. Daar sal genoeg tyd wees om dit later te doen.  Moenie jouself isoleer nie. Gaan voort met jou roetine, gaan vir berading of sluit by ’n ondersteuningsgroep aan.  Wees voorbereid om nuwe verhoudings te bou en nuwe bande te vorm. Gee jouself toestemming om nuwe gevoelens te ontwikkel – nie as ’n vervanging van die vorige verhouding nie, maar as ’n nuwe verhouding.

RkJQdWJsaXNoZXIy MTA0MzI=